Inception
|
This breed was bred from the Afrikaner and Charolais in a 40% to 60% relation. The breed was developed in 1961 by Dennis Solomon and the late Daan Laubscher in the tropical lowveld of the All of these breeders praise the breed’s adaptability to their various regions. The most outstanding characteristics of the foundation breeds have been captured in the Huguenot. This includes the Afrikaner’s hardiness, great walking ability, short smooth coat, natural tick resistance, heat pigment, high quality red meat, great calving ease, good mothering instincts, longevity in combination with the Charolais’s bigger conformation, sturdy
Onstaan van ons ras1. ONTSTAAN: Hierdie uiters funksioneel doeltreffende ras is geteel uit die Afrikaner en Charolais met ‘n verhouding van 40% tot 60% respektiewelik. Tydens seleksie en teelprogramme is gepoog om die uitstaande voortreflike eienskappe van albei rasse te kombineer. Dit word steeds gehandhaaf en is die doelwit vir die toekoms.
2. VROEË GESKIEDENIS: Die ras is sedert 1961 deur mnre. Dennis Solomon en wyle Daan Laubscher in die tropiese laeveld van die Limpopo provinsie naby Phalaborwa ontwikkel. In 1980 word die ras vernoem na die Franse Hugenote wie gedurende 1688 na Suid Afrika emigreer het en die voorsate van ‘n groot deel van die Afrikanervolk is.
3. STIGTING: In 1995 word dit as ontwikkelende ras by S.A. Stamboek geregistreer. Op 22 April 1996 word ‘n Hugenoot Beestelersklub te Rivulet naby Nelspruit gestig. Gedurende November 1998 word Hugenoot S.A. Beestelersgenootskap met ‘n ledetal van sewe lede gestig. Tans is daar 19 telers en heelwat belangstelling vanaf voornemende telers.
4. VERSPREIDING: Telers is oor ‘n groot deel van die ekologiese spektrum van die RSA. versprei. Vanaf die Vrystaat deur die koue Hoëveld en die steil berge van die Waterberg tot in die warm dele van die Bos- en Laeveld. Allle telers praat met lof oor die aanpasbaarheid van die ras in hul onderskeie streke. So vind jy Hugenote wat op ‘n snikhete dag in die warm Bosveld in die son lê en herkou.
5. VOORTREFLIKHEDE: Die voortreflikste eienskappe van albei oorspronklike rasse is in hierdie ras vasgelê. Die Afrikaner se gehardheid, goeie stapvermoë, kort gladde haar, hittepigment, natuurlike bosluisbestandheid, hoë kwaliteit rooivleis, maklilke kalfvermoë, goeie moedereienskappe, langlewendheid in kombinasie met die Charolais se groter konformasie, stewige konstitusie, goeie bespiering, vinnige groei deur alle fases, goeie voeromsetverhouding, hoë vrugbaarheid, hoë libido by bulle en kalm temperament, se resultaat is die mees ideale vleisras in die RSA. onder ekstensiewe- sowel is intensiewe omgewingsfaktore.
Daarby is die Hugenoot se vleis verbruikersvriendelik omdat dit sag is en nie oormaat vet pak nie. Ouer diere word met gemak op die veld vet sonder enige graanbyvoeding en skakel dus in met toekomstige marktendense. Voerkalwers het al vir periodes van tot 180 dae ekonomies in ‘n voerkraal gegroei en nie hoër as A-3 gradeer nie.
Hugenootbulle is baie populêr onder kommersiële speenkalfprodusente, aangesien dit uitstekend kruis met baie rasse. Voerkrale betaal ‘n premieprys op hierdie kalwers vanweë hul voortreflike voerkraaleienskappe.
6. VERBETERING: Formele prestasietoetsing van die ras is nog in sy kinderskoene. Slegs ‘n klein persentasie telers vanaf hoofsaaklik suurveld en wat slegs ‘n gewone sout- fosfaatlek gee, neem deel. Vanaf 2006 is alle telers verplig word om Prestasietoetsing te doen. Volgens syfers is goeie vordering gemaak met bv. speengewigte en TKP’S. Verskeie Fase D-1 toetse is reeds met sukses voltooi. Geskiedenis is gemaak deurdat die eerste vier kalwers gedurende 2003 te Irene Bultoetssentrum van die LNR. ingeskryf is vir ‘n Fase C toets. Die volgende resultate op ‘n 84 dae toets is in die onderstaande tabel behaal:
Bg. voeromsetverhouding is beter as die van alle rasse soos uiteengesit in die 2002 Nuusbrief van die Nasionale Vleisbeesverbeteringskema. (Sien onderstaande histogram.)
‘n Groep van 6 kalwers is gedurende 2004 uit dieselfde kudde weer ingeskryf. Hulle resultate was soos volg:
Tydens ‘n groeitoets deur Ermelo Hoërskool te Nooitgedacht Proefplaas gedurende 19-05 tot 15-09-2003 is die volgende interessante syfers behaal. ‘n Groep van 157 suiwer en kruiskalwers van verskeie rasse is ingeskryf. ‘n Groepie van 6 Hugenootkruiskalwers, waarvan die aanvangsmassa 3% laer was as die groepgemiddeld, het besonder goed presteer. Hul GDT was 1570 gram teenoor die groepgemmiddeld van 1154 gram. Slegs een groep het hul naelskraap met GDT geklop. Hierdie wengroep se aanvangsmassa was 17,4% hoër as die groepgemiddeld en hul voerinname teoreties dus hoër. Indien voeromsetverhouding ook gemeet kon word, sou die Hugennotgroep beslis die ekonomiese wenners gewees het.
Volgens bg. syfers is dit, ondanks die huidige swak vleispryse, nog ekonomies om Hugenootkalwers winsgewend te voer. Dit bewys vir die eerste keer waarom Hugenootkalwers so populêr is by voerkrale.
Goeie vordering word met die gene-poel gemaak deurdat baie nuwe bloedlyne as basisdiere opgeneem en opgradeer word na hoër F-generasies. Visuele voorkoms is baie verbeter deur mnr. Janna Botha, ‘n Nasionale rasbeoordeelaar van 12 rasse.
7. HUGENOOT VS ANDER RASSE – STANDAARDGROEITOETS(FASE C):
Onderstaande histogramme vergelyk onderskeie rasse met mekaar.(LW. Ander rasse se syfers is ontleen van 2002 statistieke en Hugenoot van 2003, aangesien dit nie gedurende 2002 getoets is nie.)
OPSOMMING: Aangesien Voerkrale na bewering 80% van die RSA se rooivleis voorsien, is hierdie beslis die ras vir die huidige en die toekoms. Dit is ‘n ras waarin die voortreflike bouvorm van die Charolais, maar by dit die gehardheid van die Afrikaner deeglik vasgelê is. Na 44 jaar van seleksie, bestaan basterkrag nie meer nie. Syfers praat. Fase-C toetse is na ons mening die enigste prestasietoets waar appels met appels vergelyk kan word, aangesien ‘n homogene toets onder baie streng kontrole by verskeie sentra landswyd gedoen word. |
||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||


